Die gouemuntsewejaartjie (Helichrysum argyrophyllum) is 'n vinniggroeiende grondbedekker van die Oos-Kaap. Dit dra geel blomme in die laatsomer en herfs.
Hierdie grondbedekker groei laag en bereik 'n hoogte van slegs 15 cm. Dit vorm 'n dik, welige laag grys blare wat die grond bedek. Die blare is klein en bedek met 'n silwer, viltagtige laag.
Gedurende laatsomer en herfs verskyn blomstele van ongeveer 10 cm lank. Elke blomsteel dra 'n paar goudgeel blomme.
Die gouemuntsewejaartjie lok bye en apiekewers wanneer dit blom.
Die gouemuntsewejaartjie is 'n geharde en immergroen grondbedekker wat vinnig groei. Dit verkies sanderige grond met goeie dreinering en moet altyd in 'n sonnige area geplant word. Dit groei ook baie goed in rotstuine en kan met min water klaarkom.
Voortplanting geskied deur steggies, wat in sand geplant moet word om wortels te vorm.
Die gouemuntsewejaartjie (Helichrysum argyrophyllum) is 'n vinniggroeiende grondbedekker van die Oos-Kaap. Dit dra geel blomme in die laatsomer en herfs.