dcsimg

Polynemidae ( Afrikaans )

fornì da wikipedia AF

Die Draadvinne (Polynemidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is agt genera met een en veertig spesies wat hoort tot dié familie en vier van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke

Die familie se lywe is lank en platterig met twee dorsale vinne. Die pektorale vinne is laer as normaalweg en is in twee verdeel: die boonste gedeelte is normaal en die onderste gedeelte het lang strale wat amper soos drade lyk. Die sterte is diep gevurk. Die grootte wissel van 30 cm tot 1.8 m. Die familie verkies vlakker kuswater om in te leef en eet hoofsaaklik skaaldiere.

Genera

Die volgende genera en spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Leptomelanosoma
  • Leptomelanosoma indicum
  • Polydactylus

Sien ook

Bron

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
licensa
cc-by-sa-3.0
drit d'autor
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visité la sorgiss
sit compagn
wikipedia AF

Polynemidae: Brief Summary ( Afrikaans )

fornì da wikipedia AF

Die Draadvinne (Polynemidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is agt genera met een en veertig spesies wat hoort tot dié familie en vier van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

licensa
cc-by-sa-3.0
drit d'autor
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visité la sorgiss
sit compagn
wikipedia AF