dcsimg

Koningklipvis ( Afrikaans )

fornì da wikipedia AF

Die Koningklipvis (Genypterus capensis) is 'n gesogte vis wat endemies is aan Suider-Afrika en wat voorkom vanaf Swakopmund tot by Durban. In Engels staan die vis bekend as die Kingklip.

Voorkoms

Die kop en lyf is 'n dowwe pienk kleur. Die vis word tot 1,5 m lank en 15 kg swaar. Die dorsale en anale vinne is lank en kom saam by die stertvin. Die bekkenvin is twee dun strale onder die ken en die skubbe is klein.

Habitat

Die vis leef in rotsareas op die kontinentale bank en die boonste gedeelte daarvan in water wat 50 – 550 m diep is. Die vis is naglewend en vreet bodemvis, skaaldiere en tjokka. Die vis het groot kommersiële waarde.

Bronne

Sien ook

Eksterne skakel

Verwysings

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
licensa
cc-by-sa-3.0
drit d'autor
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visité la sorgiss
sit compagn
wikipedia AF

Koningklipvis: Brief Summary ( Afrikaans )

fornì da wikipedia AF

Die Koningklipvis (Genypterus capensis) is 'n gesogte vis wat endemies is aan Suider-Afrika en wat voorkom vanaf Swakopmund tot by Durban. In Engels staan die vis bekend as die Kingklip.

licensa
cc-by-sa-3.0
drit d'autor
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visité la sorgiss
sit compagn
wikipedia AF