dcsimg

Ploegbreker ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die ploegbreker (Erythrina zeyheri, vernoem na Karl Zeyher) is 'n bladwisselende dwergstruik van Suid-Afrika en Lesotho wat niks hoër as 60 cm groei nie.[1] Eintlik is hulle ondergrondse koraalbome[2] en hulle naam verwys na die feit dat 'n ploeg dikwels breek indien dit op so 'n ondergrondse boom stoot.

Die peulplant is inheems aan die sentrale plato, waar dit wydverspreid voorkom in grasveld.[3] Hulle groei in kleigrond en soms sandgrond, in die nabye van spruite en vleie, waar hulle in kolonies kan voorkom.[1]

Die haarlose, drieledige blare het skerp gekromde stekels langs die hoofas en groter syare,[4] wat aan die ondersy opgehewe is. Die lote en blare word jaarliks uitgestoot, en sterf weg tydens strawwe hoëveldse winters,[1] wanneer die plant oorleef as 'n aansienlike knolagtige wortelstok met kort bogrondse stingels. Bloeiwyses word in die somer voortgebring, van Oktober tot Januarie.[1] Die hangende skarlakenkleurige, of by uitsondering wit,[4] blomme het rooi blomkelke.

Die vrugte is gladde, swart peule, wat elk 'n paar harde, oranjerooi sade bevat.[1][4]

Dit is 'n voedselplant vir die mot Terastia margaritis.[5]

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Elliot Lithudzha, K Behr,. "Erythrina zeyheri". plantzafrica.com. South African National Biodiversity Institute. Besoek op 19 Desember 2012.AS1-onderhoud: extra punctuation (link) AS1-onderhoud: Veelvoudige name: authors list (link)
  2. Botanic Notables: The Immortal Underground Forest Anna Laurent Garden Design.
  3. Verslae uit Botswana en Zimbabwe word betwis, kyk: "Erythrina latissima E. Mey. (Notas)". Flora Zambesiaca. kew.org. Besoek op 21 Desember 2012.
  4. 4,0 4,1 4,2 van Wyk, Braam; et al. (1988). Veldgids tot die Veldblomme van die Witwatersrand en Pretoria. Cape Town: Struik. pp. 206–207. ISBN 0-86977-815-3. Explicit use of et al. in: |first= (help)
  5. Goff, R. "Terastia margaritis". African Moths. Besoek op 21 Desember 2012.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Ploegbreker: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die ploegbreker (Erythrina zeyheri, vernoem na Karl Zeyher) is 'n bladwisselende dwergstruik van Suid-Afrika en Lesotho wat niks hoër as 60 cm groei nie. Eintlik is hulle ondergrondse koraalbome en hulle naam verwys na die feit dat 'n ploeg dikwels breek indien dit op so 'n ondergrondse boom stoot.

Die peulplant is inheems aan die sentrale plato, waar dit wydverspreid voorkom in grasveld. Hulle groei in kleigrond en soms sandgrond, in die nabye van spruite en vleie, waar hulle in kolonies kan voorkom.

Die haarlose, drieledige blare het skerp gekromde stekels langs die hoofas en groter syare, wat aan die ondersy opgehewe is. Die lote en blare word jaarliks uitgestoot, en sterf weg tydens strawwe hoëveldse winters, wanneer die plant oorleef as 'n aansienlike knolagtige wortelstok met kort bogrondse stingels. Bloeiwyses word in die somer voortgebring, van Oktober tot Januarie. Die hangende skarlakenkleurige, of by uitsondering wit, blomme het rooi blomkelke.

Die vrugte is gladde, swart peule, wat elk 'n paar harde, oranjerooi sade bevat.

Dit is 'n voedselplant vir die mot Terastia margaritis.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF