dcsimg

Briekwabaars ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
'n Briekwabaars tussen Goue koningvisse

Die Briekwabaars (Epinephelus lanceolatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis as die Brindle bass bekend.

Voorkoms

Die jong visse is geel van kleur met onreëlmatige swart strepe oor die lyf. Die vis se kop en lyf is bruin met dowwe vlekke op terwyl daar swart kolletjies op die vinne is. Die vis word 2.7 m lank en weeg dan tot 400 kg.

Habitat

Die jong vissies leef in riviermondings en hawe-areas en die volwassenes in grotte in koraalriwwe en by wrakke in water van tot 100 m diep. Die visse vreet vis, skaaldiere, klein krewe, jong seeskilpadjies en klein haaitjies. Hulle word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie en skubaduikers mag hulle nie skiet nie.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Briekwabaars: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= 'n Briekwabaars tussen Goue koningvisse

Die Briekwabaars (Epinephelus lanceolatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis as die Brindle bass bekend.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF