dcsimg

Langsnoetpypvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Langsnoetpypvis (Syngnathus temminckii) is 'n vis wat endemies aan Suider-Afrika is en kom voor vanaf Walvisbaai tot by die Tugelabank in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Longsnout pipefish. Volgens Heemstra se Coastal Fishes of Southern Africa verskil die spesie van syngnathus acus wat in die Middellandse See en die noordoostelike Atlantiese Oseaan voorkom.

Voorkoms

Die vis is lank en dun met die snoet wat langer as die kop is. Die vis het 'n dorsale vin en pektorale- en anale vinne en is groen tot donkerbruin van kleur afhangende van die habitat. Die vis word tot 32 cm lank.

Habitat

Die vis verkies riviermondings om in te leef maar is ook al gevind in water wat tot 110 m diep is. Broeityd is van November tot Maart. Die mannetjies dra die embrios in 'n broeisak wat aan hulle pens is. Die vis eet onder andere soöplankton. Die langsnoetpypvis is die algemeenste pypvis in Suid-Afrika.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Langsnoetpypvis: Brief Summary ( Afrikaans )