dcsimg

Iridaceae ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Iridaceae is 'n familie van plante in die orde van Asparagales. Die familie het sy naam aan die irisse te danke. Dit sluit ook ander bekende gekultiveerde plante in, soos die Freesia, die Gladiolus en die Krokus.

Spesies van hierdie familie is meerjarige plante met 'n blombol, knol of wortelstok. Die plante groei regop en het grasagtig blare met 'n skerp sentrale vou. Met uitsondering van koue streke en die noorde van Eurasië, kom dié plante wêreldwyd voor.

 src=
'n Saffraankrokusblom met rooi stempels.

Die spesery saffraan word van die stempels van die saffraankrokus (Crocus sativus) voorberei.

Freesias (ook genoem kammetjies) is klein kruidgewasse met ondergrondse knolletjies in 'n verskeidenheid kleure, maar hoofsaaklik wit, geel, liggeel en soms ook ligpers met pers vlekke: Die plante behoort tot die familie Iridaceae en die genus Freesia.

Die sowat 20 Freesia-spesies wat inheems in Suid-Afrika is, word reeds die afgelope 200 jaar gekweek, maar veral die laaste 40 jaar is groot welslae met die kweek van nuwe hibrides behaal. Daarom is die hedendaagse variëteite byvoorbeeld meer gehard en word grater blomme op langer en sterker stingels gedra.

Die 20 Freesia-spesies wat in Suid-Afrika aangetref word, is meestal bekend onder die volksname "aandblommetjie" en "kammetjie", terwyl Freesia corymbosa ook flissie, Freesia muirii geelpype en Freesia andersoniae bergaandblommetjie genoem word. Freesia refracta, in 'n verskeidenheid variëteit en kruisings, is een van die soorte wat baie gekweek word. Freesias word ook op groot skaal in Nederland as snyblomme vir die uitvoermark gekweek omdat dit so lig is om te vervoer.

Ter onderskeiding van die gekweekte plant word die veldblom Freesias, ook bekend as kammetjies, is knolplante met fraai, meestal wit, geel of pers blommetjies. Hulle word veral as snyblomme gekweek soms ook wildefreesia genoem. Freesias se blare is lynvormig en word in 2 rye gedra. Die bloeiwyse is gesteel en kamvormig en dra 'n aantal welriekende blomme. Die knolletjies moet in Maart sowat 5 cm diep en 5 cm uit mekaar in vrugbare en goed gedreineerde grond geplant word.

Die plante moet teen ryp beskerm word. Hoewel freesias halfskadu verkies, moet hulle wei ʼn bietjie sonlig kry. Hulle moet ook versigtig water gegee word. Om te keer dat hulle platgespuit word, kan hulle met takkies gestut word of toegelaat word am deur ogiesdraad te groei. Hulle vertoon veral baie mooi as hulle tussen lae eenjarige plante soos lobelias geplant word.

Bron

  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN, 0908409486 band

Verwysings

  1. Angiosperm Phylogeny Group (2009). “An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants: APG III” (PDF). Botanical Journal of the Linnean Society 161 (2): 105–121. doi:10.1111/j.1095-8339.2009.00996.x. Besoek op 2013-07-06.

Eksterne skakels

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Iridaceae: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Iridaceae is 'n familie van plante in die orde van Asparagales. Die familie het sy naam aan die irisse te danke. Dit sluit ook ander bekende gekultiveerde plante in, soos die Freesia, die Gladiolus en die Krokus.

Spesies van hierdie familie is meerjarige plante met 'n blombol, knol of wortelstok. Die plante groei regop en het grasagtig blare met 'n skerp sentrale vou. Met uitsondering van koue streke en die noorde van Eurasië, kom dié plante wêreldwyd voor.

 src= 'n Saffraankrokusblom met rooi stempels.