dcsimg

Puma (genus) ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Pumas (Puma) is 'n roofdiergenus uit die Felidae-familie. Vanweë hul relatief klein liggaamsbou, behoort hulle aan die subfamilie van die kleiner katte. In hierdie genus, wat ook die Ou Wêreldse fossiele insluit, soos Puma pardoides uit die Eurasiese Pleistoseentydperk,[1][2] bestaan daar twee spesies:

Die jaguarandi is voorheen onder Herpailurus geklassifiseer. Omrede molekulêre genetiese studies 'n noue verwantskap tussen hierdie twee katspesies bevind het, word alle nuwe klassifikasies onder Puma, as 'n gemeenskaplike genus, ingedeel.

Die pelse van hierdie diere is kort en dik en wissel gewoonlik tussen 'n geel-grys of rooierige kleur; groot verskille word onder die volwasse diere van hierdie twee katsoorte waargeneem. Beide spesies is inheems aan die Amerikas.

DNS-navorsing het bevind dat die hierdie genus die naaste aan die jagluiperd verwant is. As gevolg van die jagluiperd se eie, kenmerkende gelaatstrekke, wat eie aan die Acinonychinae -subfamilie is, sal 'n indeling saam met die poema en jaguarandi ongeldig wees.

Verwysings

  1. Hemmer, H. (1965). Studien an "Panthera" schaubi Viret aus dem Villafranchien von Saint-Vallier (Drôme). Neues Jahrbuch für Geologie und Paläontologie, Abhandlungen 122, 324–336.
  2. Hemmer, H., Kahlike, R.-D. & Vekua, A. K. (2004). The Old World puma Puma pardoides (Owen, 1846) (Carnivora: Felidae) in the Lower Villafranchian (Upper Pliocene) of Kvabebi (East Georgia, Transcaucasia) and its evolutionary and biogeographical significance. Neues Jahrbuch fur Geologie und Palaontologie, Abhandlungen 233, 197–233.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Puma (genus): Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Pumas (Puma) is 'n roofdiergenus uit die Felidae-familie. Vanweë hul relatief klein liggaamsbou, behoort hulle aan die subfamilie van die kleiner katte. In hierdie genus, wat ook die Ou Wêreldse fossiele insluit, soos Puma pardoides uit die Eurasiese Pleistoseentydperk, bestaan daar twee spesies:

Puma concolor(Linnaeus, 1771) – die Poema Puma yagouaroundi(Geoffroy, 1803) – die Jaguarandi