dcsimg

Amerikaanse swartbeer ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Amerikaanse swartbeer (Ursus americanus) is ’n beer van gemiddelde grootte wat in Noord-Amerika voorkom. Dit is die kleinste en algemeenste van die drie Noord-Amerikaanse beerspesies. Swartbere is omnivore wat beide vleis en plante vreet. Hulle leef hoofsaaklik in bewoude gebiede, maar verlaat soms die woude op soek na kos. Hierdie bere raak soms as gevolg van 'n gebrek aan voedsel tot menslike aktiwiteit aangetrokke.

Amerikaanse swartbere hiberneer gewoonlik in die winter. Gedurende hierdie tyd neem die bere se metabolisme af en hulle hartklop kan so laag as een slag in twintig sekondes daal. Hulle liggaamstemperatuur neem ook af tot 31 °C (88 °F).

In Januarie en Februarie word 1 tot 6 (gewoonlik 2 of 3) jong beertjies gebore.

Hierdie beer is direkte familie van die Asiatiese swartbeer. Daar word vermoed dat beide 'n gemeenskaplike Europese voorouer deel.[3] Hulle is nader aan mekaar verwant as enige ander beerspesies.[4]

Subspesies

  • Amerikaanse swartbeer, Ursus americanus
    • U. a. altifrontalis
    • U. a. amblyceps
    • U. a. americanus
    • U. a. californiensis
    • U. a. carlottae
    • U. a. cinnamomum
    • U. a. emmonsii
    • U. a. eremicus
    • U. a. floridanus
    • U. a. hamiltoni
    • U. a. kermodei
    • U. a. luteolus
    • U. a. machetes
    • U. a. perniger
    • U. a. pugnax
    • U. a. vancouveri

Fotogalery

Verwysings

  1. Garshelis, D.L., Crider, D. & van Manen, F. (2008). Ursus americanus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 27 Januarie 2009.
  2. Ursus americanus, Mammal Species of the World, 3rd ed.
  3. Macdonald, David (1984). The Encyclopedia of Mammals: 1. London: Allen & Unwin. p. 446. ISBN 0-04-500028-x Kontroleer |isbn=-waarde: invalid character (help).
  4. Bears of the World by Lance Craighead, Publisher: Voyageur Press, 2003, ISBN 0-89658-008-3, 9780896580084, 132 pages

Eksterne skakels

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Amerikaanse swartbeer: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Amerikaanse swartbeer (Ursus americanus) is ’n beer van gemiddelde grootte wat in Noord-Amerika voorkom. Dit is die kleinste en algemeenste van die drie Noord-Amerikaanse beerspesies. Swartbere is omnivore wat beide vleis en plante vreet. Hulle leef hoofsaaklik in bewoude gebiede, maar verlaat soms die woude op soek na kos. Hierdie bere raak soms as gevolg van 'n gebrek aan voedsel tot menslike aktiwiteit aangetrokke.

Amerikaanse swartbere hiberneer gewoonlik in die winter. Gedurende hierdie tyd neem die bere se metabolisme af en hulle hartklop kan so laag as een slag in twintig sekondes daal. Hulle liggaamstemperatuur neem ook af tot 31 °C (88 °F).

In Januarie en Februarie word 1 tot 6 (gewoonlik 2 of 3) jong beertjies gebore.

Hierdie beer is direkte familie van die Asiatiese swartbeer. Daar word vermoed dat beide 'n gemeenskaplike Europese voorouer deel. Hulle is nader aan mekaar verwant as enige ander beerspesies.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF