dcsimg

Moderne voëls ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Moderne voëls (Neornithes) is die mees onlangse gemeenskaplike voorouer van alle lewende voëls met al hul nasate. Daar is ongeveer 9 000 tot 10 000 bekende lewendige voëlspesies in die wêreld.

Moderne voëls word geklassifiseer deur vere, 'n bek sonder tande (outydse voëls het tande gehad), die lê van eiers met 'n harde dop, 'n hoë metaboliese tempo, 'n hart met vier kamers asook 'n sterk dog ligte skelet. Alle voëls se voorste ledemate is tot vlerke gewysig en meeste kan vlieg. Voëls se spysvertering- en respiratoriese stelsels is ook vir vlug aangepas. Voëls soos die papegaai is van die intelligentste dierspesies. Waarneming toon dat 'n aantal voëlspesies gereedskap vervaardig en gebruik. Van die sosiale spesies dra ook kennis en kulturele gedrag van een geslag na die volgende oor.

Taksonomie

Kladogram volgens Hackett et al. (2008):[1]

Neornithes Palaeognathae

Struthionidae

Rheidae

Tinamidae

Apterygidae

Casuariidae

Dromaiidae

Neognathae

Neoaves

Galloanserae

Anseriformes

Galliformes

Sien ook

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Neornithes

Verwysings

  1. Hackett S. J. et al. (2008) A Phylogenomic Study of Birds Reveals Their Evolutionary History. Science 320(5884):1763-1768.
Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Moderne voëls: Brief Summary ( Afrikaans )