dcsimg

Tropiese grysbok ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
'n Tropiese grysbok in die Krugerwildtuin.

Die tropiese grysbok (Latyn: Raphicerus sharpei) is 'n klein wildsbokkie wat inheems aan Sentraal- en Suider-Afrika is.

Hierdie skugter grysbok het 'n gemiddelde volwasse massa van 12 kg en 'n hoogte van ongeveer 40 cm. Die ram het horings wat normaalweg nie langer as 5 cm is nie, alhoewel 'n rekordlengte van 10,48 cm al aangeteken is. Die ooie is ietwat groter as die ramme.

As gevolg van hulle eenderse rooibruin pelse met wit spikkels, word tropiese grysbokke soms met Kaapse grysbokke en steenbokke verwar, alhoewel die tropiese spesie nie die vals kloutjies van die Kaapse spesie het nie.

Tropiese grysbokke word suid van die ewenaar in Sentraal- en Suid-Tanzanië tot die noordooste van Suid-Afrika aangetref, waar hulle 'n verskeidenheid habitats het, maar tog meer dikwels in rots- en heuwelagtige gebiede waargeneem kan word.

Die ooi is gemiddeld 180 dae dragtig, waarna sy een of soms twee lammetjies sal kry. Die meeste ooie skenk tydens die laat lente of vroeë somer die lewe, wanneer die eerste reëns begin. Die lammetjies word op drie maande gespeen.

Tropiese grysbokke wei hoofsaaklik snags en word selde gesien. Hulle is geheimsinnige diere wat bedags tussen bosse en plante wegkruip. Buiten met paartyd, is hulle hoofsaaklik enkellopende diere. Wanneer hulle bedreig word, sal hulle tussen plante wegkruip of selfs in gate in die grond (soos dié van 'n aardvark) kruip.

Die tropiese grysbok se dieet bestaan hoofsaaklik uit blare en gras, alhoewel hulle ook soms vrugte en die wortels van plante sal vreet. Hulle benodig blykbaar nie toegang tot vars water nie, maar sal dit drink wanneer dit beskikbaar is.

Sommige wetenskaplikes beskou die tropiese grysbok as 'n subspesie van die Kaapse grysbok.

Bronnelys en verwysings

  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
  • Hocking, S. en C. Yahnke. 2004. "Raphicerus sharpei", Animal Diversity Web. Verkry op 18 April 2009 by [1].
  1. IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008). Raphicerus sharpei. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 29 Maart 2009.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Tropiese grysbok: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= 'n Tropiese grysbok in die Krugerwildtuin.