Die Streeplampogie (Aplocheilichthys katangae) is 'n varswatervis wat in die Kunenerivier, Okavangorivier, die Zambezirivier en die kusvlakte van Mosambiek suidwaarts tot by Richardsbaai voorkom. Dit kom ook in die Lufira-, Luapula- en Kongorivierstelsels voor. In Engels staan dit bekend as Striped topminnow.
Die vissie het 'n lang lyf met 'n kenmerkende swart sig-sag band op die sye. Die onderkant van die kop en pens is wit terwyl die iris, boonste gedeelte van die kieuedeksel en die skubbe in die middel van die lyf 'n glinsterende blou-turkoois skynsel het. Die vinne is kleurloos of liggeel. Die vissie word tot 50mm lank.
Die vissie leef in riviere en strome vol digte plantegroei en word nie op vloedvlaktes gevind nie. Hulle vreet inseklarwes en ander klein ongewerweldes. Die wyfie lê haar eiers in die plantegroei.
Die Streeplampogie (Aplocheilichthys katangae) is 'n varswatervis wat in die Kunenerivier, Okavangorivier, die Zambezirivier en die kusvlakte van Mosambiek suidwaarts tot by Richardsbaai voorkom. Dit kom ook in die Lufira-, Luapula- en Kongorivierstelsels voor. In Engels staan dit bekend as Striped topminnow.
Aplocheilichthys katangae Aplocheilichthys generoko animalia da. Arrainen barruko Poeciliidae familian sailkatzen da.