Die Dutoiti (Pseudochromis dutoiti) is 'n vis wat aan die ooskus van Afrika voorkom, vanaf Kenia tot by Park Rynie in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend ook bekend as die Dutoiti.
Die vis is oorwegend geel van kleur oor die lyf. Daar is 'n blou streep al langs die basis van die dorsale vin, van die voorkop tot by die stert, 'n blou streep onder die oë van die bek tot by die boonste rand van die operulum. Daar is ook 'n blou streep oor die rante van die twee stert lobbe. Die dorsale en analevinne se rante is ook blou. Die vis word tot 9 cm groot.
Die vis leef in koraal- en rotsriwwe tot op dieptes van 25 m. Die onvolwasse visse leef in getypoele. Hulle eet bodem skaaldiere, wurms en vis. Hulle kan in akwariums oorleef.
Die Dutoiti (Pseudochromis dutoiti) is 'n vis wat aan die ooskus van Afrika voorkom, vanaf Kenia tot by Park Rynie in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend ook bekend as die Dutoiti.