Die Dwerggans (Nettapus auritus) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël en eend.
Dit is 'n baie klein soort eend, maar met pragtige opvallende kleure. Die eend is 30–33 cm lank en weeg 230 tot 320 gram. Oranje-kleurige lyf, wit bors, wit gesig met donker groen rug. Hulle verkies om in die water te bly, waarmee hul kleur mooi saamsmelt.
Varswater areas met drywende waterplante. Hulle verkies stil riviertakke en vleie met baie waterplante en word altyd in pare of klein swerms aangetref.
Hulle maak nes in 'n gat in 'n boom of krans, gewoonlik naby water. Dwerggansneste word uiters selde gesien.
Noordooste van Suid-Afrika, Zimbabwe en Mosambiek. Hulle hou van tropiese streke, maar word ook waargeneem in droër gebiede.
'n Swei-swei geluid.
Die Dwerggans (Nettapus auritus) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël en eend.