Die Beenvisse (Osteichthyes) is 'n superklas van visse wat aan die filum van die Gewerweldes behoort. Die superklas maak voorsiening vir alle tipe visse waarvan die skelet uit been bestaan. Beenvisse beskik oor swemblase en operkulums (kieudeksels) met een kieu-opening aan elke kant van die kop. Die meeste spesies is ovipaar en slegs die families Bythitidae, Clinidae en die Selakante is vivipaar.
Die superklas sluit die kraakbeenvisse uit. Visse waarvan die skelet uit kraakbeen bestaan ressorteer onder die superklas Chondrichthyes.
Die superklas Osteichthyes het twee klasse: Sarcopterygii en Actinopterygii.
Die volgende ordes is deel van die beenvisse en kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor:
Nommer Orde Beskrywing Klas Superklas 1 Albuliformes Beenvisagtiges Straalvinvisse Beenvisse 2 Anguilliformes Palings Straalvinvisse Beenvisse 3 Atheriniformes Straalvinvisse Beenvisse 4 Beloniformes Straalvinvisse Beenvisse 5 Beryciformes Straalvinvisse Beenvisse 6 Clupeiformes Harings, sardyne en Ansjovisse Straalvinvisse Beenvisse 7 Coelacanthiformes Selakante Vleisvinvisse Beenvisse 8 Cypriniformes Straalvinvisse Beenvisse 9 Elopiformes Straalvinvisse Beenvisse 10 Gadiformes Kabeljouagtiges Straalvinvisse Beenvisse 11 Gobiesociformes Klipsuiers Straalvinvisse Beenvisse 12 Gonorynchiformes Sand en Melkvisse Straalvinvisse Beenvisse 13 Lampriformes Straalvinvisse Beenvisse 14 Lepidosireniformes Suid-Amerikaanse en Afrika longvisse Vleisvinvisse Beenvisse 15 Lophiiformes Hengelaars Straalvinvisse Beenvisse 16 Mugiliformes Harders Straalvinvisse Beenvisse 17 Ophidiiformes Kuskpalings Straalvinvisse Beenvisse 18 Perciformes Baarsagtiges Straalvinvisse Beenvisse 19 Pleuronectiformes Platvisse Straalvinvisse Beenvisse 20 Scorpaeniformes Straalvinvisse Beenvisse 21 Siluriformes Babers Straalvinvisse Beenvisse 22 Syngnathiformes Pypvisse & Seeperdjies Straalvinvisse Beenvisse 23 Tetraodontiformes Straalvinvisse Beenvisse 24 Zeiformes Straalvinvisse BeenvisseDie Beenvisse (Osteichthyes) is 'n superklas van visse wat aan die filum van die Gewerweldes behoort. Die superklas maak voorsiening vir alle tipe visse waarvan die skelet uit been bestaan. Beenvisse beskik oor swemblase en operkulums (kieudeksels) met een kieu-opening aan elke kant van die kop. Die meeste spesies is ovipaar en slegs die families Bythitidae, Clinidae en die Selakante is vivipaar.
Die superklas sluit die kraakbeenvisse uit. Visse waarvan die skelet uit kraakbeen bestaan ressorteer onder die superklas Chondrichthyes.
Die superklas Osteichthyes het twee klasse: Sarcopterygii en Actinopterygii.