dcsimg

Pondopalm ( afrikaans )

tarjonnut wikipedia AF

Die Pondopalm (Jubaeopsis caffra) is 'n waaiervormige palmboom wat slegs voorkom op die oewers van die Mtentu- en Msikabariviere in die noordelike area van die Oos-Kaap. Op die SANBI-rooilys is dit as bedreigde spesies (EN) gelys. Daar is net twee populasies, elk het minder as 50 volwasse bome. Die een naby die Msikabarivier is beskerm in die Natuurreservaat Mkambati, maar die ander een aan die Mtenturivier is onbeskerm. Die vrugte wat op kokosneute lyk is 'n gewilde voedsel onder die bevolking en die boom is ook gewild vir handel in tuinplante.[2]

Die boom kom in die kusreënwoud voor en is waarskynlik 'n relik van Wes-Gondwana se flora. Die naasverwante spesie is Jubaea chilensis wat in Chili groei.[2]

Sien ook

Bronne

  1. C. Hilton-Taylor; et al. (1998). "Jubaeopsis caffra". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2.3. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 20 Julie 2007. Explicit use of et al. in: |author= (help)
  2. 2,0 2,1 SANBI-rooilys.

Eksterne skakels

lisenssi
cc-by-sa-3.0
tekijänoikeus
Wikipedia skrywers en redakteurs
alkuperäinen
käy lähteessä
kumppanisivusto
wikipedia AF

Pondopalm: Brief Summary ( afrikaans )

tarjonnut wikipedia AF

Die Pondopalm (Jubaeopsis caffra) is 'n waaiervormige palmboom wat slegs voorkom op die oewers van die Mtentu- en Msikabariviere in die noordelike area van die Oos-Kaap. Op die SANBI-rooilys is dit as bedreigde spesies (EN) gelys. Daar is net twee populasies, elk het minder as 50 volwasse bome. Die een naby die Msikabarivier is beskerm in die Natuurreservaat Mkambati, maar die ander een aan die Mtenturivier is onbeskerm. Die vrugte wat op kokosneute lyk is 'n gewilde voedsel onder die bevolking en die boom is ook gewild vir handel in tuinplante.

Die boom kom in die kusreënwoud voor en is waarskynlik 'n relik van Wes-Gondwana se flora. Die naasverwante spesie is Jubaea chilensis wat in Chili groei.

lisenssi
cc-by-sa-3.0
tekijänoikeus
Wikipedia skrywers en redakteurs
alkuperäinen
käy lähteessä
kumppanisivusto
wikipedia AF