dcsimg

Boogstreep-ghieliemientjie ( 南非語 )

由wikipedia AF提供

Die Boogstreep-ghieliemientjie (Barbus viviparus) is 'n varswater vis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika vanaf die Ruvumarivier in Tanzanië suidwaarts tot by die Vungurivier in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Bowstripe barb.

Voorkoms

Die vis het 'n skraal lyf en het twee lang baarde om die mond. Die vis is deurskynend olyfbruin aan die bokant en silwer aan die kante en onderkant. Dit het 'n volledige of gebroke swart streep van net agter die kieue wat eindig in 'n swart kol op die basis van die stertvin. Daar is ook 'n swart kol op die basis van die anale vin. Die vis word tot 70 mm lank.

Habitat

Die vis leef in poele en strome met plantegroei in of aan die kante van riviere en mere. Hulle vreet klein water insekte en ander klein organismes. Die vis broei in die somer en die wyfie lê haar eiers op onderwater wortels en plantegroei. Die vis bereik volwassenheid binne een jaar. Die vis oorleef in akwariums en visdammetjies.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

許可
cc-by-sa-3.0
版權
Wikipedia skrywers en redakteurs
原始內容
參訪來源
合作夥伴網站
wikipedia AF

Boogstreep-ghieliemientjie: Brief Summary ( 南非語 )