Die Gladde fluitbek (Fistularia commersonii) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Mosselbaai. In Engels staan die vis bekend as die Smooth flutemouth.
Die vis se lyf is lank en glad met geen riwwe op die dorsale gedeelte nie. Die pupil is ovaalvormig. Daar is 'n dorsale vin, anale vin en pektorale vinne teenwoordig. Die lyf is olyf groen aan die sye en die bokant en wit aan die onderkant met 'n paar blou lyne of blou kolletjies wat op die sye voorkom. Die vis kan tot 1.2 m lank word.
Die vis verkies vlak riwwe en seegras beddings om in te leef en is al opgemerk by 'n diepte van 128 m. Hulle eet ander vis bv. bontpalings, slang palings, kardinaalvisse, sardyne en ook garnale. Die vis is eetbaar.