dcsimg

Borselgras ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die borselgras[1] (Rendlia altera (Rendle) Chiov.) is 'n grasspesie wat inheems aan Suid-Afrika is en wat volop in die berggrasland van die Drakensberge voorkom. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys. Dit kom ook buite Suid-Afrika voor.[2]

Dit is 'n meerjarige grasspesie wat groot matte kan vorm. In die suide van die Demokratiese Republiek van die Kongo, waar reeds sedert die 14de eeu koper gemyn word, word hierdie gras op grond aangetref wat aansienlik met metale besoedel is. P.A. Duvigneaud het selfs die spesie as 'n koperliewende spesie Rendlia cupricola beskryf. Sandgronde aan die oewer van 'n rivier wat deur die Likasi-myn besoedel word het hoë koper- (1,1%) en kobaltgehaltes (0,13%). Hier is R. altera die enigste plant wat die grond koloniseer.[3]

Verwysings

  1. ook: Kleinrolblaar, Kleinrolblaargras, Mahemskuif, Mahemskuifgras
  2. SANBI-rooilys.
  3. Early stages of natural revegetation of metalliferous mine workings in South Central Africa: a preliminary survey Béatrice Leteinturier, Alan JM. Baker, François Malaisse Biotechnol. Agron. Soc. Environ. 1999,3(1), 28–41
Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Borselgras: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die borselgras (Rendlia altera (Rendle) Chiov.) is 'n grasspesie wat inheems aan Suid-Afrika is en wat volop in die berggrasland van die Drakensberge voorkom. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys. Dit kom ook buite Suid-Afrika voor.

Dit is 'n meerjarige grasspesie wat groot matte kan vorm. In die suide van die Demokratiese Republiek van die Kongo, waar reeds sedert die 14de eeu koper gemyn word, word hierdie gras op grond aangetref wat aansienlik met metale besoedel is. P.A. Duvigneaud het selfs die spesie as 'n koperliewende spesie Rendlia cupricola beskryf. Sandgronde aan die oewer van 'n rivier wat deur die Likasi-myn besoedel word het hoë koper- (1,1%) en kobaltgehaltes (0,13%). Hier is R. altera die enigste plant wat die grond koloniseer.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Microchloa altera ( Vietnamese )

provided by wikipedia VI

Microchloa altera là một loài thực vật có hoa trong họ Hòa thảo. Loài này được (Rendle) Stapf mô tả khoa học đầu tiên năm 1900.[1]

Chú thích

  1. ^ The Plant List (2010). Microchloa altera. Truy cập ngày 6 tháng 6 năm 2013.

Liên kết ngoài


Bài viết chủ đề tông thực vật Cynodonteae này vẫn còn sơ khai. Bạn có thể giúp Wikipedia bằng cách mở rộng nội dung để bài được hoàn chỉnh hơn.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia tác giả và biên tập viên
original
visit source
partner site
wikipedia VI

Microchloa altera: Brief Summary ( Vietnamese )

provided by wikipedia VI

Microchloa altera là một loài thực vật có hoa trong họ Hòa thảo. Loài này được (Rendle) Stapf mô tả khoa học đầu tiên năm 1900.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia tác giả và biên tập viên
original
visit source
partner site
wikipedia VI