dcsimg

Ysterhout ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Ysterhout (Olea capensis, ook basterswartysterhout, eerste-ysterboom, opregteswartysterhout, regteswartysterhout, swartysterhout, witboekenhout, ysterboom, en yzerboom) is 'n boom wat voorkom langs die kus van Suid-Afrika en die Hoëveld. Die bome groei as bosserige struike of klein tot middelgroot bome langs die kus. In die immergroen woude word die boom tot 40 m hoog. Die klein, welriekende blommetjies word in blomtakkies van ongeveer 6 cm lank gedra. Die vrugte word tot 2 cm lank, is eetbaar en word pers wanneer hulle ryp is. Dié spesie het drie subspesies.

Een van die drie subspesies is endemies aan Suid-Afrika en op die SANBI-rooilys is aldrie as veilig (LC) gelys:

O.c. capensis L.[1] endemies Oos-Kaap, Wes-Kaap, KwaZulu-Natal O.c. enervis (Harv. ex C.H.Wright) I.Verd.[2] nie-endemies Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Noord-Wes O.c. macrocarpa (C.H.Wirght) I.Verd.[3] nie-endemies Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Wes-Kaap

Die Kleinysterhout is die endemiese subspesie O.c. capensis. Die subspesie O.c. macrocarpa is so genoem vanweë sy vrugte wat amper tweemaal so groot is as die ander s'n. (Grieks: "makro" beteken groot en "karpon" is vrug). Die macrocarpa-vrug is ongeveer 15–20 cm lank en lyk amper net soos die Kalamata-olywe. Die ysterhoutboom se hout is baie hard en swaar en nie maklik om te bewerk nie, maar dit is ook baie duursaam. Die digtheid kan 1,49 [g/cm3] bereik en dit wil sê dat ysterhout in water sal sink. Die hoë digtheid maak die hout minder aantreklik vir meubels ensomeer as byvoorbeeld stinkhout of geelhout. Die genus Olea se bome kan gewoonlik baie oud word. Leeftye van 2000-3000 is geen uitsondering nie en ook die ysterhout groei stadig. Dit duur reeds meer as 'n eeu om volwassenheid te bereik.[4]

Galery

Sien ook

Bronne

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Ysterhout: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kleinysterhout is die endemiese subspesie O.c. capensis. Die subspesie O.c. macrocarpa is so genoem vanweë sy vrugte wat amper tweemaal so groot is as die ander s'n. (Grieks: "makro" beteken groot en "karpon" is vrug). Die macrocarpa-vrug is ongeveer 15–20 cm lank en lyk amper net soos die Kalamata-olywe. Die ysterhoutboom se hout is baie hard en swaar en nie maklik om te bewerk nie, maar dit is ook baie duursaam. Die digtheid kan 1,49 [g/cm3] bereik en dit wil sê dat ysterhout in water sal sink. Die hoë digtheid maak die hout minder aantreklik vir meubels ensomeer as byvoorbeeld stinkhout of geelhout. Die genus Olea se bome kan gewoonlik baie oud word. Leeftye van 2000-3000 is geen uitsondering nie en ook die ysterhout groei stadig. Dit duur reeds meer as 'n eeu om volwassenheid te bereik.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF