Die gewone hardeblaar (Phylica paniculata) is 'n klein boom wat normaalweg struikagtig is en kan tot 4 m hoog word. Hulle groei op klipperige berghellings vanaf die Wes-Kaap tot by die Lebomboberge, die Soutpansberg en ook in die Chimanimaniberge in Zimbabwe. Die blare is klein, donker tot olyfgroen met 'n wit wollerige onderkant en styf ingerolde blaarrande. Die blomme is klein en wollerig.
Phylica paniculata is deur Carl Ludwig Willdenow beskryf en is in die jaar 1798 in Sp. Pl. 1: 1112 gepubliseer.[2]