dcsimg

Saalrug-varkvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Saalrug-varkvis (Bodianus bilunulatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by Margate. In Engels staan die vis bekend as die Saddleback hogfish.

Voorkoms

Die volwasse visse is rooierig aan die bokant en witterig aan die onderkant. Die skubbe is wit met 'n rooi rant wat horisontale lyne op die vis se sye vorm. Die sylyn is aaneenlopend en daar is 'n swart vlek op die vis net onder die dorsale vin waar dit eindig. Daar is 'n tweede, kleiner swart vlek op die tweede straal van die dorsale vin en daar is 'n wit band wat strek van die bek tot by die rand van die operkulum. Die onvolwasse visse is bleekwit met rooierige horisontale lyne, geel aan die bokant en daar is 'n groot swart vlek van die dorsale vin tot by die anale vin. Die vis word tot 55 cm groot.

Habitat

Die vis leef in aflandige koraalriwwe in water wat 8 – 108 m diep is en vreet skaaldiere, slakke en vis. Die vis kan oorleef in 'n groot akwarium.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Saalrug-varkvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Saalrug-varkvis (Bodianus bilunulatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by Margate. In Engels staan die vis bekend as die Saddleback hogfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF