dcsimg
Image of Makalani
Creatures » » Plants » » Dicotyledons » » Palms »

Makalani

Hyphaene petersiana Klotzsch ex Mart.

Opregte waaierpalm ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Hyphaene petersiana
 src=
Hyphaene petersiana

Die Opregte waaierpalm (Hyphaene petersiana), plaaslik bekend as die Makalanipalm, is 'n palmboom inheems aan die subtropiese, laagliggende streke van Suidsentraal-Afrika. Hulle word in oop bosveld, vloedvlaktes, rivieroewers en aan die rande van panne en moerasse aangetref.

Soos by ander Hyphaene-soorte, is hulle tweehuisig en die vroulike plante produseer mildelik vrugte. Tot 2 000 vrugte kan aan 'n boom gevind word,[1] die gekombineerde opbrengs van sowat vier seisoene.[2] Die sade ontkiem moeisaam, maar vind brak kondisies voordelig.[2] Hulle ontwikkel massiewe penwortels, wat souterige water diep ondergronds benut.[2] Alhoewel langsame groeiers,[1] kan hulle maksimumhoogtes van 18 m bereik.[3] Tipiese volwasse plante is in die orde van 5-7 m hoog.

Die plante word benut deur mense en diere. 'n Herhaalde gekap aan die groeipunt vir die aftap van sap vir bereiding van palmwyn, kan uiteindelik tot die boom se dood lei.[1] Die stam se kernwit is eetbaar en die jong vrugte bevat beperkte hoeveelhede vloeistof, wat met klappermelk vergelykbaar is.[3]

Die spesie is soortgelyk aan H. natalensis, wat na die suidweste verspreid is. Dit is egter onderskeibaar aan die vrugvorm; rond eerder as peervormig, asook die stamvorm, wat dikwels 'n swelling onder die blarekroon vorm. B. aethiopum het 'n vergelykbare stamvorm.

Palmwindswaels[2] en Rooistertpalmlysters is in sekere gebiede van hierdie spesie afhanklik vir hul broeidoeleindes.

Sien ook

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 Palgrave, Keith Coates (1984). Trees of Southern Africa. Cape Town: C. Struik. pp. 67–68. ISBN 0-86977-081-0.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 "The makalani palm". tourbrief.com. Besoek op 29 Desember 2010.
  3. 3,0 3,1 van Wyk, Braam, Piet van Wyk (1997). Trees of Southern Africa. Cape Town: Struik. pp. 52–53. ISBN 1-86825-922-6.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Opregte waaierpalm: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Hyphaene petersiana  src= Hyphaene petersiana

Die Opregte waaierpalm (Hyphaene petersiana), plaaslik bekend as die Makalanipalm, is 'n palmboom inheems aan die subtropiese, laagliggende streke van Suidsentraal-Afrika. Hulle word in oop bosveld, vloedvlaktes, rivieroewers en aan die rande van panne en moerasse aangetref.

Soos by ander Hyphaene-soorte, is hulle tweehuisig en die vroulike plante produseer mildelik vrugte. Tot 2 000 vrugte kan aan 'n boom gevind word, die gekombineerde opbrengs van sowat vier seisoene. Die sade ontkiem moeisaam, maar vind brak kondisies voordelig. Hulle ontwikkel massiewe penwortels, wat souterige water diep ondergronds benut. Alhoewel langsame groeiers, kan hulle maksimumhoogtes van 18 m bereik. Tipiese volwasse plante is in die orde van 5-7 m hoog.

Die plante word benut deur mense en diere. 'n Herhaalde gekap aan die groeipunt vir die aftap van sap vir bereiding van palmwyn, kan uiteindelik tot die boom se dood lei. Die stam se kernwit is eetbaar en die jong vrugte bevat beperkte hoeveelhede vloeistof, wat met klappermelk vergelykbaar is.

Die spesie is soortgelyk aan H. natalensis, wat na die suidweste verspreid is. Dit is egter onderskeibaar aan die vrugvorm; rond eerder as peervormig, asook die stamvorm, wat dikwels 'n swelling onder die blarekroon vorm. B. aethiopum het 'n vergelykbare stamvorm.

Palmwindswaels en Rooistertpalmlysters is in sekere gebiede van hierdie spesie afhanklik vir hul broeidoeleindes.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF