dcsimg

Swartborsslangarend ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die swartborsslangarend (Circaetus pectoralis) is 'n groot roofvoël van Afrika in die Accipitridae (arend)-familie. Dit lyk soos ander slangarende en dit was eers gemeen dat dit dieselfde spesie is as die korttoonslangarend (Circaetus gallicus) en Beaudouin se slangarend.

Identifikasie

Die belangrikste identifikasie karakter van hierdie voël is sy donker bruin kop en bors, wat dit sy naam gee. In vlug vertoon die kop donker in teenstelling met die buik en onderkant van die vlerke, wat wit is afgesien van donker strepe op die vlugvere en stert. Die rugkant is donkerbruin en die is geel.

Die wyfie lyk dieselfde, maar is groter as die mannetjie, en die jongeling is rooibruin.

Roepklank

Die roep is 'n gefluit kwo-kwo-kwo-kweeoo.

Verspreiding

Hierdie spesie kan in die hele Suider-Afrika gevind word van Ethiopië en Soedan in die noorde tot in Suid-Afrika in die suide en Angola in die suidweste. As gevolg van sy wye verspreiding word hierdie spesie nie bedreig nie.

Habitat

Dit bewoon verskillende habitat, mits dit oop terrein vind om in te jag en wat voldoende kos voorsien, asook bome om in nes te maak. Dit sluit in halfdroë of selfs woestyngebiede.

Soos sy naam aandui, voed hierdie voël meestal op slange, maar gereelde prooi sluit ook akkedisse, klein soogdiere en paddas in.

Voortplanting

Die wyfie lê slegs een eier per paring, wat geïnkubeer word vir 50 dae. Die volgroeide kuiken verlaat die nes na 3 maande.

Ander name

  • Engels: Black-breasted Snake-Eagle of Black-chested Snake Eagle
  • Wetenskaplike naam: Circaetus pectoralis

Sien ook

Bronne

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Swartborsslangarend: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die swartborsslangarend (Circaetus pectoralis) is 'n groot roofvoël van Afrika in die Accipitridae (arend)-familie. Dit lyk soos ander slangarende en dit was eers gemeen dat dit dieselfde spesie is as die korttoonslangarend (Circaetus gallicus) en Beaudouin se slangarend.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF