Die Duikerbessie (Sapium integerrimum) is 'n klein bladwisselende boom wat in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorkom. Die manlike en vroulike blomme word op dieselfde aar gedra. Die vrugte bestaan uit 'n drielobbige, houtagtige kapsule, ongeveer 1.5 cm in deursnee. Elke lob het twee horings en die vrug word oranje wanneer dit ryp word. In Engels staan die boom bekend as die Duiker-berry tallow-tree.