dcsimg
Hemidactylus mabouia (Moreau De Jonnès 1818)的圖片
Life » » Metazoa » » 脊椎動物亞門 » » 有鱗目 » » 壁虎科 »

Hemidactylus mabouia (Moreau De Jonnès 1818)

Tropiese huisgeitjie ( 南非語 )

由wikipedia AF提供

Die tropiese huisgeitjie (Hemidactylus mabouia) is 'n reptiel en is die volopste geitjie in die Laeveld. Dit is inheems in Sub-Sahara Afrika en is geïntroduseer in Noord, Sentraal en Suid-Amerika.[2][3]

Beskrywing

Die geitjie bereik 'n maksimum lengte, van snoet tot agterent, van 12,7 cm. Aangesien dit 'n nagdier is, het die geitjie baie groot oë, wat hy gebruik om sy prooi raak te sien in die donkerte.

Die geitjie kan teen loodregte mure en oorhange opklouter deur spesiale aanpassings aan sy pote. Daar is kussinkies op sy tone wat bestaan uit klein haartjies (setae), wat in rye (lamellae) georden is. Hierdie haartjies gee hom die vermoë om so te klouter.

Voedselgedrag

Die geitjie kan laer temperature as ander reptiele verduur, wat hom die vermoë gee om snags aktief te wees en te jag. Hulle maak gulsig jag op naglewende vlieënde en kruipende insekte. Hulle wag gewoonlik naby ligte, waar hulle insekte vang wat aangetrokke is tot lig. Die geitjie se voedsel is variërend. Dit sluit diere soos spinnekoppe, skerpioene, kakkerlakke, motte, likkewaan-agtiges en ander geitjies in. Sy belangrikste voedselbron is lede van die Orthoptera familie, wat sprinkane en krieke insluit.

Geluid

Geitjies is van die min reptiele wat kan geluide maak. Gewoonlik maak hulle opgewonde klikgeluide.[4] Verder kan die geluide wat die geitjie maak wissel van 'n sagte piep tot vinnige, kort piepende geluide. Hulle word die meeste op 'n stil nag gehoor wanneer hulle naby 'n oop venster sit en roep.

Habitat

In Suid-Afrika kom die soort volop in die Laeveld voor.[4] Verder word die huisgeitjie veral in stedelike gebiede aangetref.

Verwysings

  1. The Reptile Database. www.reptile-database.org.
  2. Carlos Cesar Martinez Rivera, et al (2003). “{{{title}}}”. Caribbean Journal of Science 39 (3): 321–326. Besoek op 2010-07-19.
  3. Anjos, L. A.; Almeida, W. O.; Vasconcellos, A.; Freire, E. M. X.; Rocha, C. F. D. (Aug 2008). “Pentastomids infecting an invader lizard, Hemidactylus mabouia (Gekkonidae) in northeastern Brazil”. Brazilian Journal of Biology 68 (3): 611–615. doi:10.1590/S1519-69842008000300019.
  4. 4,0 4,1 Emmett, Megan last2=Pattrick (2012). Die veldwagter stap saam. Pretoria: BRIZA PUBLIKASIES. p. 198. ISBN 978-1-920217-18-1. Missing pipe in: |first1= (help); |first2= missing |last2= (help)

Bibliografie

許可
cc-by-sa-3.0
版權
Wikipedia skrywers en redakteurs
原始內容
參訪來源
合作夥伴網站
wikipedia AF

Tropiese huisgeitjie: Brief Summary ( 南非語 )

由wikipedia AF提供

Die tropiese huisgeitjie (Hemidactylus mabouia) is 'n reptiel en is die volopste geitjie in die Laeveld. Dit is inheems in Sub-Sahara Afrika en is geïntroduseer in Noord, Sentraal en Suid-Amerika.

許可
cc-by-sa-3.0
版權
Wikipedia skrywers en redakteurs
原始內容
參訪來源
合作夥伴網站
wikipedia AF