Die Rooivlerktjagra is 'n redelike algemene inwoner wat graag parmantig rondwip (sal eerder wegwip as opvlieg wanneer bedreig) op die grond, op soek na insekte en ander invertebrata tussen droë blare en gras. Word gewoonlik alleen of in pare opgemerk.
Medium grootte maar kleiner as Swartkroon- en Grysborstjagra. Wenkbrou wit met diagnostiese swart lyn bo en onder die oë.
Inheemse bos (Brachystegia uitgesluit)
Afrika suid van die Sahara, afwesig in die hoëveld en droë weste.
Vlieg op met luide prrr prrr prrr, gevolg deur swewende afwaartse vlug (stert gesprei) en omtrent 15 melodieuse dubbelfluite. Alarm roep is 'n kort tjirp tjirp.