dcsimg

Oryx ( 南非語 )

由wikipedia AF提供

Gemsbokke (ook spitsbokke of spiesbokke genoem) is 'n genus van wildsbokke wat in die droë gebiede van Afrika en Arabië voorkom. Hulle is gehoefde soogdiere wat vinnig kan hardloop en tot die subfamilie van perdagtige wildsbokke (Hippotraginae) behoort.

Hierdie bokke vorm troppe van 8 tot 60 individue. Pasgebore kalwers kan minute na hul geboorte reeds saam met die trop hardloop. Hulle het 'n lewensduur van ongeveer 20 jaar. Van die spesies (soos die Arabiese gemsbok) is weens siektes en die jag daarvan bedreigd.

Gemsbokke is herbivore (hulle vreet plante). Hulle vreet gras, struike en wortels, en spandeer die meeste van hul tyd aan beweiding. Die bokke is almal herkouers; hulle sluk hul voedsel sonder om dit te kou. Na 'n ruk sal hulle gedeeltes daarvan opbring en herkou, voordat hulle dit finaal insluk. Hulle is aangepas om in droë gebiede te oorleef en kan weke klaarkom sonder om water te drink, aangesien hulle baie van die water wat hulle benodig, kry van die plante wat hulle vreet.

Taksonomie

Eksterne skakels

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
許可
cc-by-sa-3.0
版權
Wikipedia skrywers en redakteurs
原始內容
參訪來源
合作夥伴網站
wikipedia AF

Oryx: Brief Summary ( 南非語 )