dcsimg

Springbok ( 南非語 )

由wikipedia AF提供
Hierdie artikel handel oor die boksoort. Vir die dorp in die Noord-Kaap, sien Springbok, Noord-Kaap, en vir die nasionale rugbyspan, sien Springbokke.

Die springbok (Antidorcas marsupialis) is 'n klein, bruin-en-wit wildsbok wat in die westelike dele van Suider-Afrika aangetref word.

Volwasse springbokke het 'n gemiddelde hoogte van 75 cm. Springbokramme weeg 33–56 kg, terwyl ooie 'n gewig van 25–40 kg kan bereik. Die ram het horings wat tot 48 cm lank kan wees. Springbokke bereik 'n spoed van 80–90 km/h, terwyl hul naam op hul springvermoë dui: hulle kan 3,5 m hoog en tot 15 m ver spring.

Springbokke kom voor in die droë binnelandse gebiede van Suider-Afrika en was eens op 'n tyd volop hier. Weens die jag op hulle en die menslike besetting van hul woongebied is daar egter vandag aansienlik minder oor.

Die ooi is tussen 5,5 en 6 maande dragtig, waarna 'n enkele lammetjie gewoonlik in November gebore word. Springbokke het 'n moontlike lewensduur van 10 jaar.

Nasionale embleem

 src=
Posseël van die Unie van Suid-Afrika, 1923

Die Springbok was vroeër die nasionale sportembleem van Suid-Afrika. Die tradisie het sy oorsprong in die 1906–1907-rugbytoetsreeks in Engeland. Ná die afskaffing van apartheid is die embleem ook afgeskaf omdat dit vir baie 'n simbool van onderdrukking is. Danksy die ingryping van Nelson Mandela is die embleem egter behou vir die Suid-Afrikaanse rugbyspan. Dit is die nasionale soogdier van Suid-Afrika.

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Amptelike simbole van Suid-Afrika

Blom: Boom: Voël: Dier: Vis: Protea P1010883.JPG Podocarpus latifolius 2c.JPG Blue Crane.jpg Springbok etosha.jpg Dichistius capensis.JPG die koningsprotea die geelhout die bloukraanvoël die springbok die galjoen Protea cynaroides Podocarpus latifolius Grus paradisius Damaliscus pygarus Distichius capensis
許可
cc-by-sa-3.0
版權
Wikipedia skrywers en redakteurs
原始內容
參訪來源
合作夥伴網站
wikipedia AF

Springbok: Brief Summary ( 南非語 )