dcsimg

Myrtaceae ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Myrtaceae is die bloekom en koejawel-familie wat hoort tot die orde Myrtales. Die familie bevat meer as 3 000 spesies wêreldwyd en kom hoofsaaklik in die tropiese areas voor. Vyf-en-twintig van die spesies kom in Suid-Afrika voor en slegs 20 is bome.

Die familie is algemeen in Amerika (koejawelbome) en Australië (bloekombome), maar is skaars in Afrika. Baie van die spesies bevat olies wat in spesiale kliere in die jong lote, blomme en vrugte voorkom. Dié familie se plante voorsien naeltjies, wonderpeper, die olie wat gebruik word om lourierwater te produseer en terpentyngom.

Genera

Vier genera kom natuurlik in Suid-Afrika voor: Eugenia, Metrosideros, Heteropyxis‎ en Syzygium. Eucalyptus is 'n genus wat in Suid-Afrika genaturaliseer geraak het en word as indringerplante beskou word.

Sien ook

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Myrtaceae

Bronne

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF

Myrtaceae: Brief Summary ( Afrikaans )