Die Konsertinavis (Drepane longimana) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Oos-Londen voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Concertinafish; buite Suid-Afrika staan die vis bekend as die Sicklefish.
Die vis se kop en lyf is silwer met 4 - 8 vertikale strepe sigbaar op die bokant van die lyf. Die vis word 50 cm lank. Die vis se lyf het die vorm van 'n rombus; dit is hoër as wat dit lank is.
Hulle kom voor in water wat 2 – 94 m diep is.