Die Gespikkelde klipvis (Clinus venustris) is 'n vis wat endemies is aan Suid-Afrika. Die vis kom voor van Luderitz in Namibië tot by Port Alfred in die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Speckled klipfish.
Die vis word tot 12 cm lank en het 'n kleurpatroon wat kan verander. Hulle is gewoonlik dof, rooibruin met verskeie donke, horisontale bande oor die lyf. Daar mag soms 'n wit skuins streep oor die wang wees en somtyds bestaan die streep uit spikkels. Die uitstaande kenmerk van die vis is die kleurvolle oë; die iris is loggroen omlyn met 'n gebroke oranje streep. Daar is ook twee swart kolle op die dorsalevin.
Die vis leef in tussen getypoele en rotsagtige kusareas in water wat 0.3 tot 30m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers en vreet klein ongewerweldes.