Die vurige rooivlerkie (Pseudobarbus phlegethon) is 'n varswatervis wat endemies is aan die Olifantsrivier in die Wes-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Fiery redfin.
Daar is een paar baarde om die mond. Broeiende mannetjies het swak ontwikkelde tuberkels maar helderrooi vlekke op die vinne. Die vis is silwer-goud met verspreide swart kolle en vlekke op die lyf. Op die vinne se strale is swart strepe. Die spesie is die kleinste rooivlerkie en word slegs 71 mm lank.
Die vis lewe in poele en helder water wat oor rotse vloei. Hulle vreet detritus en klein bodeminsekte en broei in die somer.
Die vis word bedreig weens habitatvernietiging en uitheemse visse soos baars dra daartoe by.
Die vurige rooivlerkie (Pseudobarbus phlegethon) is 'n varswatervis wat endemies is aan die Olifantsrivier in die Wes-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Fiery redfin.