dcsimg

Ratel ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die ratel (Mellivora capensis) is 'n lid van die Mustelidae-familie, wat ook die stinkmuishond insluit. Ratels kom deur die grootste deel van Afrika en Suider- en Wes-Asiatiese areas: Oos- en Suid-Irak, Pakistan en Wes-Indië. Dit is die enigste spesie in die genus Mellivora en die subfamilie Mellivorinae. Volgens die Guinness Book of World Records is die ratel die vreeslooste dier in die wêreld.[2]

Ratels is dag- en nagdiere, maar siende dat dit hoofsaaklik in digbegroeide velde voorkom, word dit min raakgesien.

Ratels het 'n kop-en-liggaam lengte van ongeveer 60 tot 102 cm, plus 'n stert van 16 tot 30 cm. Die dier het 'n skouerhoogte van ongeveer 23 tot 30 cm. Mannetjies is aansienlik groter as die wyfies en kan tot twee keer so veel weeg. 'n Wyfie kan tussen 5,5 en 10 kg weeg, terwyl mannetjies tussen 9 en 15 kg kan weeg.

Alhoewel hulle karnivore is, het ratels ook 'n voorliefde vir byekorwe. Verder sluit hulle dieet erdwurms, termiete, skerpioene, ystervarke, konyne en selfs groter prooi soos skilpaaie, klein krokodille en slange in.

Die wyfie is ses maande dragtig, waarna twee tot vier kleintjies gebore word. 'n Ratel het 'n moontlike lewensduur van 24 jaar.

Sien ook

Verwysings

  1. Begg, K., Begg, C. & Abramov, A. (2008). Mellivora capensis. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 21 Maart 2009. Databasis inskrywing gee kort verdediging hoekom hierdie spesie nie bedreigd is nie.
  2. Honey badger – most fearless animal in the world, by die webwerf van websiteofeverything.com. Verkry op 2008-06-04.

Bronnelys

  • Mustelid Specialist Group (1996): Mellivora capensis by die IUCN se Red List vir bedreigde spesies.
  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF

Ratel: Brief Summary ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die ratel (Mellivora capensis) is 'n lid van die Mustelidae-familie, wat ook die stinkmuishond insluit. Ratels kom deur die grootste deel van Afrika en Suider- en Wes-Asiatiese areas: Oos- en Suid-Irak, Pakistan en Wes-Indië. Dit is die enigste spesie in die genus Mellivora en die subfamilie Mellivorinae. Volgens die Guinness Book of World Records is die ratel die vreeslooste dier in die wêreld.