dcsimg
Plancia ëd Ancylobothrys petersiana (Klotzsch) Pierre
Life » » Archaeplastida » » Angiosperms » » Apocynaceae »

Ancylobothrys petersiana (Klotzsch) Pierre

Rankmelkappelkoos ( Afrikaans )

fornì da wikipedia AF

Die rankmelkappelkoos[2] (Ancylobothrys[3] petersiana (Klotzsch) Pierre) is 'n geoksiel wat inheems aan Suid-Afrika, Eswatini en Mosambiek is. Dit kom veral is die kuswoud van Maputaland voor. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys.[4] Dit kom ook in Zimbabwe en verder tot Kenia en op Madagaskar voor. [5]

Die plant het 'n melkerige sap en die takke het dikwels opvallende lentiselle. Die blare is min of meer dik leeragtig en ellipties of omgekeerd-eiervormig. Die vrugte is sferies, vlesig en 4,5- 6 cm in deursnee.[5] Dit is 'n immergroen klimplant of struik wat veral oor ander bome en bossies groei en houtige stamme tot 6 m lank of meer kan hê wat tot 2 – 5 cm in deursnee kan word. Dit kry wit en welriekende blomme en vrugte wat die kleur van appelkose het en wat baie gewild is. Die plant word dikwels vir sy vrugte deur mense beskerm.[1]

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Useful tropical plants.
  2. Sappi Tree Spotting: Lifer List Kevin Balkwill, Jacana Media, 2012, ISBN 1-77009-036-3, ISBN 978-1-77009-036-1 bls. 70
  3. SANBI het Ancylobotrys sonder "h"
  4. SANBI-rooilys.
  5. 5,0 5,1 Flora of Zimbabwe.
licensa
cc-by-sa-3.0
drit d'autor
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visité la sorgiss
sit compagn
wikipedia AF

Rankmelkappelkoos: Brief Summary ( Afrikaans )

fornì da wikipedia AF

Die rankmelkappelkoos (Ancylobothrys petersiana (Klotzsch) Pierre) is 'n geoksiel wat inheems aan Suid-Afrika, Eswatini en Mosambiek is. Dit kom veral is die kuswoud van Maputaland voor. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys. Dit kom ook in Zimbabwe en verder tot Kenia en op Madagaskar voor.

Die plant het 'n melkerige sap en die takke het dikwels opvallende lentiselle. Die blare is min of meer dik leeragtig en ellipties of omgekeerd-eiervormig. Die vrugte is sferies, vlesig en 4,5- 6 cm in deursnee. Dit is 'n immergroen klimplant of struik wat veral oor ander bome en bossies groei en houtige stamme tot 6 m lank of meer kan hê wat tot 2 – 5 cm in deursnee kan word. Dit kry wit en welriekende blomme en vrugte wat die kleur van appelkose het en wat baie gewild is. Die plant word dikwels vir sy vrugte deur mense beskerm.

licensa
cc-by-sa-3.0
drit d'autor
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visité la sorgiss
sit compagn
wikipedia AF