Die Wolf-kardinaal (Cheilodipterus artus) is 'n kardinaalvis wat voorkom aan die ooskus van Afrika en die Indiese-Pasifiese area. Dit is raar aan die kus van Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Wolf cardinalfish.
Die vis word tot 22 cm lank en is een van die groter kardinaalvisse. Daar is agt tot tien donker bruin horisontale strepe wat oor die witterige lyf strek. Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 10 tot 25 m diep is. Daar verkies hulle om in grotte en onder oorhangende rotse te bly. Hulle kom een-een of in pare voor en vreet klein ongewerweldes en soöplankton.