dcsimg

Gouekers ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die gouekers of Pachystachys lutea is ’n subtropiese, immergroen struik met ’n sagte stam wat 90 tot 120 cm hoog word. As hulle groter word, kan hulle slordig lyk.

Eienskappe

 src=
Die gouekers is 'n gewilde tuinplant in tropiese en subtropiese streke.

Dit is ’n gewilde landskapplant in tropiese en subtropiese streke en ’n huisplant elders.[1] Dit groei in feitlik enige goed gedreineerde grond, maar soos die meeste sierplante verkies dit grond met ’n suurreaksie. In dié omstandighede is hulle op hul grootste en kleurrykste. Dit hou ook van baie lig.

Die kortstondige wit blomme groei tussen heldergeel skutblare aan trosse wat deur die warm maande gedy. Die blare is donkergroen, ovaalvormig en puntig. As dit in die lente gesnoei word, kan die plant jare lank mooi bly.

Probleme

As blomme verrot of afval, is daar te min ventilasie. Dowwe blare kan dui op ’n voedseltekort of te nat of koue toestande.[2]

Verwysings

  1. hort.ifas.ufl.edu
  2. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gouekers: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die gouekers of Pachystachys lutea is ’n subtropiese, immergroen struik met ’n sagte stam wat 90 tot 120 cm hoog word. As hulle groter word, kan hulle slordig lyk.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF