Die doringbroodboom (Encephalartos horridus (Jacq.) Lehm.) is 'n broodboomspesie wat endemies is aan Suid-Afrika. Op die SANBI-rooilys is dit as bedreigde spesie (EN) gelys. Dit kom net in die Albany-ruigte in die Oos-Kaap rondom Port Elizabeth en Uitenhage voor op klipperige kwartsdagsome. Die plant het reeds meer as 50% van sy oorspronklike voorkomsoppervlakte verloor.[1]
Die plant kan in dwergvorm voorkom of in sy normale vorm. Dis 'n klein broodboom van 80 cm hoog en 30 cm in deursnee. Die plant het 'n ongewone blouerige kleur en die blare het opvallende stekels. Die plant kry net een keël per jaar. Die manlike kegels is blouer as die vroulikes. Die plant is gewild in tuine, en is nou by kwekerye beskikbaar, sodat verdere druk nie op die veldbevolking uitgeoefen word nie.[2]
Die doringbroodboom (Encephalartos horridus (Jacq.) Lehm.) is 'n broodboomspesie wat endemies is aan Suid-Afrika. Op die SANBI-rooilys is dit as bedreigde spesie (EN) gelys. Dit kom net in die Albany-ruigte in die Oos-Kaap rondom Port Elizabeth en Uitenhage voor op klipperige kwartsdagsome. Die plant het reeds meer as 50% van sy oorspronklike voorkomsoppervlakte verloor.
Die plant kan in dwergvorm voorkom of in sy normale vorm. Dis 'n klein broodboom van 80 cm hoog en 30 cm in deursnee. Die plant het 'n ongewone blouerige kleur en die blare het opvallende stekels. Die plant kry net een keël per jaar. Die manlike kegels is blouer as die vroulikes. Die plant is gewild in tuine, en is nou by kwekerye beskikbaar, sodat verdere druk nie op die veldbevolking uitgeoefen word nie.