dcsimg
Image of cat's claw climber
Creatures » » Plants » » Dicotyledons » » Bignonias »

Cat's Claw Climber

Dolichandra unguis-cati (L.) L. G. Lohmann

Katteklouranker ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Katteklouranker (Dolichandra unguis-cati, voorheen bekend as Macfadyena unguis-cati) is 'n vinnig groeiende klimplant wat hoort tot die jakaranda-familie.[2]

Beskrywing

Dolichandra unguis-cati het semiaanhoudende blare. Stingels is houtagtig en kan tot 20 meter bereik. Dit rank deur middel van klein, dun lugwortels en het donkergroen, teenoorgestelde, tweebladige blare, 3 cm tot 4 cm lank. Die plant produseer blomme gedurende die reënseisoen. Die blomme is geel, het 'n deursnee van 4 cm tot 5 cm en kan alleen of in groepe van 2 of 3 voorkom. Lang primêre wortels strek onder die grondoppervlak en produseer groot knolle van 40 cm tot 50 cm lank. Die vrugte is bruin afgeplatte kapsules van 25 cm tot 95 cm lank. Elke kapsule bevat 100 tot 200 sade.

Verspreiding en habitat

Hierdie plant is inheems aan die tropiese droëwoud van Sentraal-Amerika, Suid-Amerika en die Karibiese Eilande. In hierdie natuurlike gebiede kom dit vanaf seevlak tot meer as 600 m bo seespieël voor waar die reënval 750 mm tot 2400 mm per jaar is. Dit kan indringend word en is wêreldwyd teenwoordig. Dit beïnvloed lae plante van woud-ekosisteme deur vinnig vertikaal en horisontaal te versprei.

Indringerplant

Die katteklouranker is 'n kategorie 1b indringerplant dwarsoor Suid-Afrika, en is veral 'n probleem in KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo en Gauteng waar dit inheemse plante oorneem en versmoor.[3] Dit is ook 'n indringer in Australië, Nieu-Seeland, Indië, Mauritius, China, Nieu-Kaledonië en die VSA, insluitende Hawaii.[4]

'n Biologiese beheerprogram teen katteklourankers is in 1996 deur die Landbounavorsingsraad se Plantbeskermingsnavorsingsinstituut ingestel en word deur samewerking met die Werk vir Waterprogram van die Departement van Omgewingsake onderhou. Tot dusver het hierdie program sewe potensiële insekbiokontrolemiddels ondersoek en vier in Suid-Afrika vrygestel.[4]

Fotogalery

Sien ook

Bronne

Crystal txt.png

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia-artikel vertaal

Verwysings

  1. Cat's claw creeper (Macfadyena unguis-cati). Brisbane Rainforest Newsletter; Brisbane Rainforest Action & Information Network. URL besoek op 2018-09-01.
  2. The Plant List: A Working List of All Plant Species. Nuevo Cat. Fl. Vasc. Venezuela 273 2008. URL besoek op 2018-09-01.
  3. Cat's claw creeper Dolichandra unguis-cati. Invasive Species South Africa - Protecting Biodiversity from Invasion. URL besoek op 2018-09-01.
  4. 4,0 4,1 [http://www.arc.agric.za/arc-ppri/Pages/cat's-claw-creeper.aspx Cat's claw creeper (Dolichandra unguis-cati) (Bignoneaceae) Afrikaans: Katteklouranker]. Landbounavorsingsraad. URL besoek op 2018-09-01.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Katteklouranker: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Katteklouranker (Dolichandra unguis-cati, voorheen bekend as Macfadyena unguis-cati) is 'n vinnig groeiende klimplant wat hoort tot die jakaranda-familie.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF