dcsimg

Kortvin-ghieliemientjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die kortvin-ghieliemientjie (Barbus brevipinnis) is 'n varswatervis wat voorkom in die Sabierivier in Mpumalanga en sytakke van die Pongolarivier in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die shortfin barb.

Voorkoms

Die lyf is kompak en die kop is kort. Daar is twee pare baarde om die mond. Die vis is deurskynend bruin aan die bokant en silwerwit aan die onderkant. Daar is 'n swart streep in die middel van die lyf. Tydens die broeityd word die mannetjies helder geel. Die vis word tot 45 mm lank.

Habitat

Die vis leef in die groot strome wat plantegroei in het en vreet klein ongewerweldes. Hulle broei in die lente en somer. Die vis word bedreig deur ontbossing, nuwe damme en uitheemse forel wat hier vrygelaat is en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kortvin-ghieliemientjie: Brief Summary ( Afrikaans )