dcsimg

Manta ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die manta (Manta birostris) is 'n vis wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika, vanaf Valsbaai tot by Mosambiek. Dit kan tot 6,7 m breed word van vlerkpunt tot vlerkpunt en die mond is voor aan die kop. Die stert is dun en kort. Die manta kan óf donker, gryserige blou of groenerige bruin óf swart aan die bokant wees. Die onderkant is wit. Hulle kom voor by die kontinentale bank in water wat 100 m diep is. Hulle is vivipaar en twee kleintjies word op 'n slag gebore. Mantas is oor die algemeen alleenlopers, maar kan ook in pare voorkom. Hulle spring ook soms uit die water uit. Hulle word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. Sepkoski, Jack (2002). “A compendium of fossil marine animal genera (Chondrichthyes entry)”. Bulletins of American Paleontology 364: 560. Besoek op 2008-01-09.

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Manta: Brief Summary ( Afrikaans )