dcsimg

Rooiwortelboom ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Rooiwortelboom

Die Rooiwortelboom (Rhizophora mucronata) is 'n boom wat voorkom aan die seewaartse kant van wortelboommoerasse. In Engels staan die boom bekend as die Red mangrove. Die boom produseer kenmerkende steltworels wat tot 2 m lank is. Die lengte van die wortels is gelyk aan die verskil tussen die getye. Met hoogwater lyk dit asof die bome op die water dryf en tydens laagwater kan die wortels gesien word. Die vrug lyk soos 'n leeragtige groen bessie en ontkiem aan die boom en produseer dan 'n saailing wat soms tot 45 x 2 cm groot is. Die vrug en die saailing stuur baie vinnig wortels uit sodra dit in die modder val.

Die spesie word op die SANBI-rooilys as veilig (LC) genoem. Dit kom in Suid-Afrika voor op die kus van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, maar dit is nie endemies aan Suid-Afrika nie.[1] Hulle word in die wortelboommoerasse van Suid-Afrika en Mosambiek aangetref.

Sien ook

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Rhizophora mucronata

Bron

Verwysings

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rooiwortelboom: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Rooiwortelboom

Die Rooiwortelboom (Rhizophora mucronata) is 'n boom wat voorkom aan die seewaartse kant van wortelboommoerasse. In Engels staan die boom bekend as die Red mangrove. Die boom produseer kenmerkende steltworels wat tot 2 m lank is. Die lengte van die wortels is gelyk aan die verskil tussen die getye. Met hoogwater lyk dit asof die bome op die water dryf en tydens laagwater kan die wortels gesien word. Die vrug lyk soos 'n leeragtige groen bessie en ontkiem aan die boom en produseer dan 'n saailing wat soms tot 45 x 2 cm groot is. Die vrug en die saailing stuur baie vinnig wortels uit sodra dit in die modder val.

Die spesie word op die SANBI-rooilys as veilig (LC) genoem. Dit kom in Suid-Afrika voor op die kus van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, maar dit is nie endemies aan Suid-Afrika nie. Hulle word in die wortelboommoerasse van Suid-Afrika en Mosambiek aangetref.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF