dcsimg

Bleekband-stekelwang ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Bleekband-stekelwang (Scolopsis ghanam) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee, die Persiese Golf en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Paleband spinecheek.

Identifikasie

Die vis word tot 20 cm lank. Die vis se lyf is silwer-grys met verskeie swart of donker bruin kolle op die kante. Daar is ook afwissellende wit en swart strepe bokant die sylyn wat tot op die kop strek. Die vinne is blou-grys. Die vis leef in vlak areas naby koraalriwwe in water wat 1 tot 20m diep is. Hulle is alleenlopers maar kom ook in pare voor. Die vis vreet wurms en klein bodem ongewerweldes.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bleekband-stekelwang: Brief Summary ( Afrikaans )