dcsimg
Image of Rippled klipfish
Creatures » » Animal » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes » » Kelp Blennies »

Rippled Klipfish

Pavoclinus laurentii (Gilchrist & Thompson 1908)

Rimpel-klipvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die rimpel-klipvis (Pavoclinus laurentii) is 'n vis wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom voor vanaf die Oos-Kaap tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Rippled klipfish.

Identifikasie

Die vis word tot 13 cm lank en die vis se kleur kan ook varieer. Hulle is gewoonlik rooibruin, groen, grys groen en pienkerig. Die kleure is dof en daar is 7 tot 8 getande, gebroke breë strepe wat horisontaal oor die lyf strek, dit kom ook op die dorsalevin voor. Daar is klein, ligte kolletjies op die onderkant. Daar is 'n diep keep tussen die derde en vierde dorsale stekels.

Hulle leef in die rots kusareas en tussengetypoele wat baie seegras bevat in water wat 0.5 tot 2 m diep is. Hulle skuil gewoonlik in die seegras en is moeilik om te sien. Die klipvis is alleenlopers en kom ook soms in pare voor. Hulle vreet ongewerweldes.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rimpel-klipvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die rimpel-klipvis (Pavoclinus laurentii) is 'n vis wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom voor vanaf die Oos-Kaap tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Rippled klipfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF