dcsimg

Heuningkoekvylvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Heuningkoekvylvis (Cantherhines pardalis) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee, Oman en ook aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by Mosselbaai. In Engels staan die vis bekend as die Honeycomb filefish.

Identifikasie

Die vis word 25 cm lank. Die vis het drie kleurvariasies en kan sy kleur verander van een variasie na die ander. Hulle is gewoonlik grys tot bloubruin met blou strepe op die kop en 'n ligte blou heuningkoekagtige patroon op die lyf. Met die ander variasie is die vis donkerbruin van kleur en met die laaste variasie is die vis lig grysbruin met donker vlekke op. Daar is altyd 'n wit kol op die bokant van die stertvin se basis.

Hulle leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 2 tot 20 m diep is. Die visse is alleenlopers en verkies areas waar alge welig groei. Die onvolwasse visse dryf gewoonlik saam met drywende plante. Die vis vreet 'n verskeidenheid bodem ongewerweldes.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Bailly, Nicolas (2013). "Cantherhines pardalis (Rüppell, 1837)". World Register of Marine Species. Besoek op 2013-12-26.

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Heuningkoekvylvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Heuningkoekvylvis (Cantherhines pardalis) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee, Oman en ook aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by Mosselbaai. In Engels staan die vis bekend as die Honeycomb filefish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF