dcsimg
Image of Spotted snake eel
Creatures » » Animal » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes » » True Eels » Snake Eels »

Spotted Snake Eel

Myrichthys maculosus (Cuvier 1816)

Swartogies-slangpaling ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Swartogies-slangpaling (Myrichthys maculosus) is 'n vis (daar word na die vis verwys as 'n paling) wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee, die eilande van die westelike Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die paling bekend as die Spotted snake eel.

Voorkoms

Die paling is lig van kleur en die lyf en kop is bedek met klein en groot ronde of ovaalvormige swart of bruin kolle. Die paling kan 1 m lank word. Die dorsale vin is herkenbaar op die rug en die pektorale vinne is ook sigbaar. Die stertpunt is hard en vinloos.

Habitat

Die paling word gereeld gesien in die dag in die sanderige gedeeltes van koraalriwwe. Hulle kom ook voor in seegrasbeddings. Hulle eet vissies en skaaldiere. Swartogies-slangpalings wat op eenslag geëet word, kan 'n gat in die pens van hul jagter met hul stertpunt maak. Hulle aard goed in groot akwariums.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Swartogies-slangpaling: Brief Summary ( Afrikaans )