dcsimg
Image of Turkey moray
Creatures » » Animal » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes » » True Eels » Morays »

Turkey Moray

Gymnothorax meleagris (Shaw 1795)

Tarentaal-bontpaling ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Tarentaal-bontpaling (Gymnothorax meleagris) is 'n bontpaling wat wydverspreid voorkom in die Stille en Indiese oseane en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Guineafowl moray of die White-mouth moray.

Identifikasie

Die bontpaling word tot 120 cm lank. Die kop en lyf is donkerbruin met klein, wit kolletjies met donker rante wat dig verprei is oor die lyf. Die binnekant van die mond is wit. Hierdie bontpaling is sku en skuil in gate en skeure in koraalryke water wat 1 tot 35 m diep is. Hulle is alleenlopers en word soms gesien waar die kop by die skuiling uitsteek.

Die bontpaling is bedags en snags aktief en vreet klein vissies en krappe.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Tarentaal-bontpaling: Brief Summary ( Afrikaans )