dcsimg

Blouaap ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
'n Blouaap met haar babatjie.

Die blouaap (Cercopithecus aethiops) is 'n primaat van gemiddelde grootte. Die spesie word slegs in Afrika suid van die Sahara gevind. 'n Klein bevolking blouape wat saam met die slawe van Afrika as troeteldiere gereis het, is tans gevestig op eilande – veral Barbados en St. Kitts – in die Karibiese See.

Identifikasie

Die spesie het die tipiese aapvoorkoms. Hulle is skraal gebou, met lang arms en bene. Die pels op die lyf is liggrys, maar die penspels en die binnekante van die ledemate is roomkleurig tot wit. Die gesiggie is swart, maar omkring met 'n wit band pels wat dwarsoor die voorkop strek en met die wange af. 'n Volwasse mannetjie se skrotum is helderblou, en die penis skarlakenrooi.

Mannetjie:

  • Gemiddelde lengte: 115 cm
  • Gemiddelde stertlengte: 68 cm
  • Gemiddelde massa: 5,5 kg

Wyfie:

  • Gemiddelde lengte: 105 cm
  • Gemiddelde stertlengte: 57 cm
  • Gemiddelde massa: 4,1 kg

Verspreiding

 src=
Verspreidingsgebied in Suider-Afrika

Hulle word in die noorde en ooste van Suider-Afrika aangetref, en langs die suidelike kus tot so ver wes as Mosselbaai. Hulle leef ook in andersins onherbergsame areas langs riviere, insluitende die Oranjerivier tot so ver wes as sy monding, en beboste lope diep in die Karoo. Hulle is wyd verspreid deur sentraal- en Oos-Afrika, behalwe in die oerwoudareas naby die ewenaar.

Habitat

Blouape kan in 'n wye verskeidenheid van leefplekke floreer, veral bebosde en graslandgebied, maar kom ook in voorstede voor. Die beskikbaarheid van drinkwater is ook noodsaaklik.

Gedrag

Lees ook die artikel aap.

Hulle is aktief gedurende die dag en slaap snags in bome of op kranse.

Die blouaap woon in nou-verweefde sosiale groepe saam. Die tropsamehang is gesentreer rondom 'n dominante wyfie. Tropgrootte is tussen 20 tot 30 lede. Wyfies bly lewenslank in hulle oorspronklike trop. Mannetjies emigreer ten tye van die aanvang van puberteit, trek dan van trop tot trop, en spandeer omtrent drie jaar in 'n trop voordat hulle weer aanbeweeg. Mannetjies en wyfies se hiërargie is verskillend; slegs die mannetjies van hoër rang het toegang tot bronstige wyfies. Sosiale hegtheid vind plaas deur middel van onderlinge versorging van mekaar se pelse. Troppe het goed-gedefinieerde groepsgebiede met duidelike grense.

Die lewensverwagting kan tot 20 jaar wees.

Hulle word deur kroonarende, breëkoparende, luiperds en luislange gevang.

Geluide

Blouape uiter 'n groot reeks geluide. Hulle het drie verskillende waarskuwingsroepe vir landroofdiere, slange en voëls. Die kenmerkende 'nkau'-roep van die volwasse mannetjie is die bron van die aap se Zoeloenaam.

Kos

Hulle is omnivore, maar eet veral 'n verskeidenheid groente. Hulle is ook lief vir klein insekte, klein gewerwelde diere en voëleiers. Hulle spandeer heelwat tyd op die grond aan't eet, en kan groot skade in vrugteboorde, landerye en tuine veroorsaak.

Voortplanting

Daar is nie sigbare tekens dat die wyfie gereed is vir voortplanting nie en die diertjie het ook geen vaste paringseisoen nie. Gewoonlik word 'n enkele apie gebore na 210 dae van dragtigheid, en geboortes vind plaas tussen September en Desember. Tweelinggeboortes is raar. Kleintjies word gespeen teen ongeveer vier maande.

Spoor en veldtekens

 src=
Grafiese skets van 'n blouaapspoor.

Agtergeblewe stukke kos, en doppe en oneetbare skille gee gewoonlik 'n aanduiding dat blouape in die omgewing was. Die mis is klonterig en rond, met fragmente van onverteerde plantmateriaal daarin.

Fotogalery

Sien ook

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Chlorocebus pygerythrus

Bronne

  • 'Smither's Mammals of Southern Africa. A field guide'. Redakteur Peter Apps. Derde uitgawe, 2000.
  • 'Veldgids tot die soogdiere van Suider-Afrika'. Chris en Tilde Stuart. Eerste uitgawe, 1988.

Verwysings

  1. Kingdon, J., Gippoliti, S., Butynski, T.M. & De Jong, Y. (2008). "Chlorocebus pygerythrus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2010.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 11 April 2010.AS1-onderhoud: Veelvoudige name: authors list (link)
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Blouaap: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= 'n Blouaap met haar babatjie.

Die blouaap (Cercopithecus aethiops) is 'n primaat van gemiddelde grootte. Die spesie word slegs in Afrika suid van die Sahara gevind. 'n Klein bevolking blouape wat saam met die slawe van Afrika as troeteldiere gereis het, is tans gevestig op eilande – veral Barbados en St. Kitts – in die Karibiese See.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF