Hoya is 'n plantgenus in die oleander-familie (Apocynaceae) wat bestaan uit 200 tot 230 spesies tropiese plante. Dit is voorheen beskou as 'n lid van die aasblomfamilie (Asclepiadaceae), voordat die hele Asclepiadaceae ingelyf is by die oleander-familie. Hoyas kom oorspronklik van Suidoos-Asië, Australië en Nieu-Guinee.
Die spesies is gewoonlik meerjarige klimplante of soms struike met melksap. Sommige spesies klim uit die grond opwaarts teen bome of heuwels, maar die meeste is epifiete. Hulle klim deur hulself te vleg om boomstompe en met die hulp van lugwortels. Die sukkulente blare is teenstandig, maar die vorm, hoeveelheid hare, dikte, bearing en kleur van die melksap wissel baie.
Die blomme sit in 'n skerm op 'n steel vanuit die bladoksel. Hul is vyfpuntig met saamgesmelte blomblare en 'n komplekse morfologie. Nektar word geproduseer in 'n blombekleedsel. Meeldrade en stempels is ineengegroei in 'n gynostegium. Stuifmeel is versamel in twee pollinia op elke meeldraad en word as 'n geheel oorgedra deur bestuiwers na die volgende blom. Daar bestaan nie baie navorsing op Hoya bestuiwing nie, maar ratsvlieërskoenlappers en pylstertmotte is bepaal as bestuiwers vir sommige spesies.
Die vrug is 'n smal, silindriese kokervrug met talle harige sade. Die kapsules sit individueel en nie in pare soos dit normaalweg in die subfamilie Asclepiadoideae verskyn nie.
Byna 600 variëteite is al beskryf in die genus Hoya, maar ietwat meer as 300 tipes is 'n meer realistiese getal. Hulle groei in hul verskeie vorms in die tropiese en subtropiese woude van Indië, China en Japan tot Australië en die Stille Oseaan-eilande. Verskeie spesies word gekweek as huisplante, insluitend die algemene wasblom (Hoya carnosa) en die dwergwasblom (Hoya lanceolata subsp. bella).
Die volgende spesies verskyn in Albers & Meve (2002), en word aanvaar deur beide The Plant List en Tropicos.