dcsimg

Aardhommel ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die aardhommel is een van die volopste hommelbyspesies in Europa. Hulle word gekenmerk deur die wit onderkante van hulle mae. Die koninginby is 2–2,7 cm lank, terwyl die werkers 1½–2 cm lank is. Aardhommels is nie so sosiaal soos heuningbye nie, maar meer sosiaal as groefbye.

Die koningin bou 'n nes wat so groot soos 'n mens se vuis is, waarin tot 50 werkerbye kan lewe. Aan die einde van die jaar sal die hele swerm vrek en net die jong koninginne oorbly.

Aardhommels kan hul weg terug na hulle nes vind van 'n afstand so ver as 13 km.[1]

Bronnelys en verwysings

  • Bye in Wêreldspektrum, volume 4. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.
  1. Louisa Cheung (26 Julie 2006). "Homing instinct of bees surprises". BBC News.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Aardhommel: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die aardhommel is een van die volopste hommelbyspesies in Europa. Hulle word gekenmerk deur die wit onderkante van hulle mae. Die koninginby is 2–2,7 cm lank, terwyl die werkers 1½–2 cm lank is. Aardhommels is nie so sosiaal soos heuningbye nie, maar meer sosiaal as groefbye.

Die koningin bou 'n nes wat so groot soos 'n mens se vuis is, waarin tot 50 werkerbye kan lewe. Aan die einde van die jaar sal die hele swerm vrek en net die jong koninginne oorbly.

Aardhommels kan hul weg terug na hulle nes vind van 'n afstand so ver as 13 km.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF